Verlede maand
Polisie lê beslag op drugs, geld
Cash stash: Die kontant waarop beslag gelê is.Foto: FACEBOOK  ~ 

’N MAN (50) is Maandag in een van die Strand se spogwoonbuurte, Southfork, gearresteer.

Metro cops en die SAPD het ’n klopjag by die huis uitgevoer. In die operasie is beslag gelê op R1,2 miljoen in kontant, asook dwelms.

Volgens JP Smith, mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, het die wetstoepassers op ’n tip-off gereageer dat daar op die perseel met dwelms gesmokkel word.

Versteek

Toe hulle by die adres aankom, het hulle ’n man opgemerk wat in die huis in hardloop. Smith sê die polisie het hom agtervolg en gesien hoe die verdagte iets in ’n laai wegsteek.

Die perseel is deursoek en dagga en Mandrax is in ’n kombuislaai versteek gekry.

Die verdagte kon ook nie rekenskap gee oor die hompe kontant nie. Die polisie het daarop ook beslag gelê.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters