9 dae gelede
Trok ontploffing ruk Worcester
worcester,ontploffing
'n Petrol tanker het Woensdagoggend vroeg in die Worcester sakekern ontplof.  ~ Verskaf

Worcester is geruk vanoggend met die ontploffing van 'n trok kort na 06:00 in Hoogstraat, in die sakekern.

Ntomboxolo Somdaka, woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van vervoer Bonginkosi Madikizela, sê alle paaie in die omgewing was tydelik gesluit en nooddienswerkers is op die toneel.

Kapt. Lindikhaya Mkhontwana, 'n woordvoerder vir Worcester polisie, sê baie besonderhede is nog onduidelik.

"Ons kan die ontploffing bevestig maar die skade word nog bepaal." 

Die provinsiale verkeershoof, Kenny Africa, het aan News24 gesê dat die ontploffing naby die Agri-vulstasie gebeur het. 

"Op hierdie stadium is dit moeilik om te sê wat die ontploffing veroorsaak het," Aldus Africa.

Mkhontwana het gesê 'n verklaring sal vrygelaat word sodra meer inligting beskikbaar was.

Intussen sê Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, twee mense is beseer in vanoggend se ontploffing.

“Met ons aankoms op die toneel het die trok met onbekende chemicals reeds gebrand.

“Twee persone is op die toneel behandel vir klein beserings, voor hulle na ‘n naby geleë hospitaal vervoer is.”

Daar is ook skade aan talle geboue in die omgewing en nooddienswerkers bly vir eers op die toneel..


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters