3 maande gelede
Patrollie is weer jollie
paraat: Die Robertson-buurtwag is weer aan die gang.Foto: basil davids  ~ 

ROBERTSON. – Ná ’n lang afwesigheid is die buurtwag weer volstoom aan die gang.

Sowat 100 buurtwaglede het onlangs hulle sertifikaat ontvang om in hulle onderskeie woonbuurte diens te doen.

Die lede patrolleer hulle woonbuurt elke dag om misdaad te probeer hokslaan.

Volgens Johnty Frazenberg, die voorsitter in die woonbuurt Môreson, sien hulle die laaste tyd ’n af­name in misdaad.

“Ons span beweeg in ons buurt en ons sien toe dat geen misdaad van enige soort gepleeg word nie,” het Frazenberg verduidelik.

Volgens hom gaan die buurtwag saans by elke huis om en kyk of die huisgesinne veilig is.

Die buurtwag werk saam met die polisie.

Frazenberg het ook verduidelik wanneer hulle verdagte mense teëkom, moet hulle die polisie in kennis stel.

Die cops ondervra dan die verdagtes en hulle word ook deursoek.

Mark Heymann van die CPD is trots op die buurtwag. Die lede werk elke dag kliphard dat die wets­gehoor­same burgers veilig kan voel.

Volgens Heymann is nóg mense welkom om by die buurtwag aan te sluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters