Verlede maand
Padongelukke eis 12 victims

WORCESTER. – Twee gesinne is in rou gedompel nadat hul geliefdes in dieselfde ongeluk gesterf het.

Edwina Rheenis en haar dogter Stephy Rheenis (17) en Willis Smith (27), ’n verkeersbeampte, se voertuie het Vrydagmiddag op die R43 teen mekaar gebots.

Smith was op pad na ’n ongeluk waarin ’n vrou en ’n man gesterf het.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, kol. Andrè Traut, word beweer dat Smith se motor teen die twee vroue s’n gebots het.

Hy sê die polisie ondersoek die noodlottige ongeluk wat op die Nekkies-pad buite Worcester gebeur het.

Traut sê: “ ’n Man (27) het aan sy beserings beswyk, asook twee vroue.

“’n Beseerde persoon is na die hospitaal geneem. Die presiese oorsaak van die ongeluk moet nog vasgestel word.”

Geskryf

Traut sê hulle ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Die provinsiale verkeersdepartement het op sy Facebook oor die voorval geskryf.

Die inskrywing lees: “Dit is met hartseer dat ons julle inlig van die sterfte van een van ons Worcester-beamptes, provinsiale inspekteur Willis Smith, terwyl hy sy dienste uitgevoer het.

“Hy was betrokke in ’n kop-aan-kop-botsing op die R43 tussen Villiersdorp en Worcester.

“Hy is op pad hospitaal toe oorlede.

“Die 27-jarige beampte wat vanaf 2016 in diens was, het gereageer op ’n ongeluk op die Villiersdorp-pad.

“In dié ongeluk is daar ’n man en vrou dood en ’n derde insittende is as ’n kode rooi geklassifiseer en na ’n nabye hospitaal geneem.

“Hou asseblief sy familie in jul gebede gedurende hierdie moeilike tyd.

“Ons salueer jou, provinsiale inspekteur Willis Smith. Mag jy in vrede rus.”

Volgens William Moses, Smith se oom, is sy ma, Shirley, baie bedroef oor haar seun se skielike dood.

Moses sê: “Dis skielik, maar God alleen ken die hoekoms en die waaroms daaroor.”

  • In ’n ander tragiese ongeluk laat gistermiddag het sewe mense gesterf en ses is kritiek beseer.

Dit was toe verskeie voertuie betrokke was in ’n ongeluk buite Riviersonderend.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters