25 dae gelede
Paarl besigheid moet duisende opdok vir duur gesigmaskers
Ter illustrasie. Foto: unsplash
Maskers ter illustrasie. Foto: unsplash  ~ 

VIR hul duur gesigmaskers sal 'n Paarl-verskaffer van farmaseutiese produkte meer as R15,700 aan die Solidariteitsfonds betaal.

Sentra Kem CC is deur die kompetisie-kommissie daarvan beskuldig dat hulle buitensporige pryse vra vir gesigmaskers. Die maatskappy het nou ingestem om R15,785.03 aan die fonds te betaal.

Die kompetisie-kommissie sê: "Die bedrag is gelykstaande aan die ekstra wins wat gemaak is van die gesigmaskers wat tussen Maart en April vanjaar verkoop is."

Daar is onder meer ook bevind dat Sentra Kem voor die Covid-19 pandemie nie gesigmaskers verkoop het nie.

EWN berig met die skielike vraag daarna en paniek aankope het Sentra Kem begin gesigmaskers verkoop.

Deel van die kompetisie kommissie se bevinding is dat Sentra Kem se gedrag met hul duurpryse vir gesigmaskers 'n oortreding van die wet op maatskappye is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters