2 maande gelede
Pa van tikkop herstel stadig
SEER: Titus Swartz sê elke oomblik is pynlik.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Die pad na herstel gaan sommer nog maande neem vir arme Titus Swartz (55).

Son het Woensdag berig hoe Swartz se 24-jarige tikkop-klong hom met ’n pot kookwater lelik in die gesig gebrand het.

Swartz se gesigvelle het gewaai en die klong het nog die vermetelheid gehad om sy pa met die kop in die gesig te stamp.

Swartz was gister terug na die plaaslike hospitaal vir ’n nuwe dressing.

Nadat Swartz die hospitaal verlaat het, moes hy weer vir mense duck en dive omdat hy skaam is oor sy looks.

Swartz het gister in ’n onderhoud aan Son gesê hy sal sy seun nooit vir dié daad kan vergewe nie.

“Hy is nie meer hier in my huis welkom nie,” sê Swartz ernstig.

Volgens hom sal hy nou nooit in sy lewe weer dieselfde man wees nie.

“Ek het reeds my menswaardigheid verloor en wil my nie eens in ’n spieël sien wanneer dié lappe permanent van my gesig afgehaal gaan word nie,” sê hy hartseer.

Hy voeg by: “Daai kind is ’n monster wanneer hy so getik is.

“Hy gooi ook gedurig die huis se ruite uit en daar is nie geld om dit te vervang nie.”

Swartz se stiefdogter, wat verkies om nie haar naam te noem nie, sê haar stiefbroer het met haar oorlede ma net so aangegaan. “Ek het toe besluit om te trek, want ek kon dit nie meer langer uithou nie.”

Volgens haar was die klong selfs vermetel toe die polisie hom by die huis kom optel het.

“Hy het gedreig hy sal terugkom en my stiefpa permanent afhaal,” vertel sy.

Swartz sê hy het ’n interdik teen die klong uitgehaal, maar weet nie wanneer hy weer die dag sal toeslaan nie.

Verbande

“Ek is nie bang nie,” verduidelik die pa. “Hy moet dit weet. Hy moet sy goedjies kom pak en skoert sodra hy uitkom.”

Volgens Swartz sal hy nog maande met die verbande moet loop totdat sy gesig herstel het.

“Ek hoop dat mense eendag na my sal uitreik sodat ek ’n veloorplanting kan ondergaan,” sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters