Verlede maand
‘Pa slaan my met ’n graaf’
gekap: Rozanthia Johnson sê haar pa rand haar oor die jare gereeld aan. Foto:BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Haar eie pa het haar voor sy twee kleinkinders met ’n graaf se skerp kant oor die kop geslaan.

Rozanthia Johnson (36), wat nog geweldige pyn het, sê haar pa, Dirk Hefke, wou haar doodslaan.

“Was dit nie vir my oudste kind nie, het my pa my sekerlik met daai graaf morsdood geslaan,” vertel Johnson nog in skok.

Depressie

Johnson sê sy was ’n paar jaar gelede in ’n karongeluk en het nou ’n glasoog. Sy dink dit het haar pa geaffekteer.

Twee maande ná haar ongeluk het haar ma afgesterf. Sy sê dit het haar pa dieper in depressie laat verval.

“Hy het begin suip en wanneer hy na my kyk, het hy my sommer vir niks begin aanrand,” sê sy na aan trane.

Sy sê haar pa het onlangs ’n jong blaar ontmoet en hulle is nou in ’n ernstige verhouding.

“Die meisie is ’n kind teen hom, maar wanneer ek daaroor praat, vererg hy hom en dan begin hy weer aan my slaan.”

Sy sê Saterdagaand het haar broer ’n uitval met sy meisie gehad.

“Toe ek my broer en sy girlfriend wil kalmeer, het my pa van agter met die graaf gekom en my met die skerp kant oor my kop geslaan,” vertel sy huilend.

Sy het die cops in kennis gestel en hulle het Hefke in hegtenis geneem.

Hefke het aan Son gesê die eintlike rede waarom hy sy kind met die graaf toegetakel het, is omdat sy nie uit sy huis wou loop nie.

“Sy het ’n man wat haar gedurig uitsit, dan kom sy hier doen en maak wat sy wil,” kla Hefke.

Hy erken hy’t sy dogter met die graaf oor die kop geslaan en hy erken ál die aanrandings op haar in die verlede.

Die cops het Hefke ’n dag ná die graafaanval laat gaan. Hy sê sy dogter het nou ’n interdik teen hom.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters