5 maande gelede
Pa sal ‘nooit seun vergeef’
Eina! So lyk Titus Swartz nou nadat die verbande gister van sy gesig afgehaal is.  ~ Basil Davids

ROBERTSON.– Die verbande om Titus Swartz (55) se kop is gister afgehaal.

Swartz verduur nog baie pyn en voel hatig teenoor sy klong, wat dit glo aan hom gedoen het.

Son het onlangs berig Swartz se tikkop-seun het hom na bewering met ’n pot vol kookwater met aartappels daarin in die gesig gebrand. Gister het Swartz weer begin om tuinwerkies te doen om vir hom kos op die tafel te sit.

Vergewe

“ ’n Nurse het my verbande afgehaal en is baie tevrede met my vordering,” vertel Swartz.

Volgens hom gaan dit nog lank neem vir sy gesig om ten volle te herstel. Swartz besef daar sal letsels oorbly en hy sal nooit weer dieselfde lyk nie.

“Ek voel vandag baie seer en sal my seun nooit kan vergewe vir wat hy aan my gedoen het nie,” het hy gesê.

Volgens Swartz moet hy met sy lewe aangaan en vir altyd met die seer saamleef.

Swartz se seun, Marco Strydom (24), het in die plaaslike hof op aanklag van aanranding verskyn.

Sy saak is tot 27 Februarie uitgestel. Hy word in die Worcester- gevangenis aangehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters