18 dae gelede
Pa maak plan met peperduur items
TREK BELT STYWER: Skoolskoene is deesdae amper so duur soos plaas koop.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Met die aanbreek van die nuwe skooljaar moet ouers hul hande diep in hul sak druk vir skoolklere en skryfbehoeftes.

Baie ouers het nie genoeg geld om vir skoolboeke en -klere ook op te dok nie, maar vele gaan uit hul pad om toe te sien dat hul kinders nie by ander afsteek nie.

Tog kos ’n paar nuwe skooltrappers vir ’n gr. 8-seun al R1 000.

’n Skoolhemp sal ’n ouer nagenoeg R150 uit die sak jaag – en ’n leerder moet minstens drie hemde hê.

Die prys van skryfbehoeftes skiet ook die hoogte in.

’n Pen wat ’n paar jaar gelede R1,00 gekos het, kos nou al byna R4,00.

Sannie Lombaard se oë het gister gerek toe sy by die till kom om haar klonkie se skoolgoeters te betaal.

Vroegtydig

Sy het vir alles byna R2 000 betaal.

Nog ’n ouer, Manie Nell, sê hy het gesorg dat hy sy drie kids se skoolbehoeftes al vroegtydig lay-by.

“Dit is maar altyd die beste,” reken Nell.

“Wanneer die kinders moet skool toe gaan, betaal ek net daai laaste paar sente op hul skoolgoed.”

Die skoolkwartaal begin Maandag en die kinders is baie opgewonde daaroor.

Van die kinders het gister aan Son gesê hulle speel nou hul lywe uit, want Maandag is dit terug hok toe.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters