5 dae gelede
Oupa sien uit na verjaardag
tweede oudste: Tengeni Mamshiyani (114) meen hy is die tweede oudste man op aarde.Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ASHTON. – Oupa Tengeni Mamshiyani (114) wat verlede week gaan vote het, sê hy is die tweede oudste man op aarde.

Dis die oupa se redenasie toe hy in die media hoor van oom Fredie Blom van Delft wat op verkiesingsdag 115 jaar oud geword het.

Mamshiyana word op 21 Julie 115 jaar oud.

Volgens Mamshiyana is hy baie bly vir die part van Blom, wat sy jare nog so goed dra.

“Jy sien, ek hou my ook nog elke dag besig met tuinmaak en sorg dat ek gesond leef,” vertel die oom.

Volgens Mamshiyana sien hy daarna uit om binnekort te verjaar en ook ’n inskrywing in die rekordboeke te kan kry oor sy hoë ouderdom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters