17 dae gelede
Ouma bly, al collapse huis
IN SY TJOPS: Maria Siazs (77) se huis gee ná die vloed rondom haar in. Foto: Basil Davids  ~ 

SUURBRAAK. – ’n Hele jaar lank al bly ’n antie in ’n huis waarvan die mure inmekaar val.

Maria Siazs (77) leef in vrees dat die hele huis nog eendag op haar gaan intuimel.

Siazs vertel in laas jaar se vloed en swaar reën het haar huis se mure meegegee.

Sedertien woon sy maar in een van die vertrekke waar dit ten minste nog veilig is.

“Ek is elke dag van my lewe so bang dat die huis op my gaan inval,” kla Siazs.

Volgens haar het sy nie geld om haar huis se mure weer op standaard te bring nie.

Sement

“Ek het al vir hulp gaan vra, maar niemand kan my help nie,” huil sy.

Volgens haar was daar al mense wat na die huis kom kyk het. Maar dit het ook maar net by kyk gebly.

Siazs se dilemma is dat sy g’n ander heenkome het nie.

Verlede week het nog ’n gedeelte van die muur geval.

Maggie Jantjies, ’n gemeenskapswerker, sê sy het al baie moeite gedoen om vir Siazs hulp te kry.

Siazs sê: “Ek het al by ’n paar ysterwarewinkels gaan hulp vra.”

Volgens haar het die mense van een winkel wel beloof om ’n paar sakke sement te verskaf.

  • As daar Sonlanders is wat die antie met haar huis kan help, kan hulle haar bel by 071 972 9474.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters