Verlede maand
Oues skrik vir 'nasate op tik'
MOEDELOOS: Hennie en Johanna Samuels sê hulle verslaafde kleinkinders teister hulle.  ~ Basil Davids

MONTAGU. – ’n Egpaar van hier sê hulle het hel onder hulle kleinkinders “wat almal op drugs is”.

Die sewe kleinkinders van dié couple, Hennie (77) en Johanna Samuels (70), neem die plaas buite die dorp glo op horings.

Oom Hennie sê dit het eintlik by die oudste klong begin. Daarna het hy almal aangesteek.

“Die boggher! As ek hom nou in die hande kry, sal ek hom sommer weer met die aapstert bliksem!” vererg die oom hom weer bloedig.

Antie Johanna skud haar kop en beaam wanneer haar man oor hulle helse lewe praat. Volgens die couple is hulle junky-kleinkinders van 9 tot 20 jaar oud!

Hulle kom gewoonlik naweke op die plaas. Die oupa en ouma sê dan besteel die kinders hulle en gaan koop dagga of tik.

Sodra hulle op ’n streep high is, dan sien hulle kans vir die bejaardes.

“Ons vat ook ’n doppie en dan kom vat hulle met ons vet kanse,” kla die oom.

Volgens hom het hy al manalleen die kinders met die vuiste die een ná die ander half flou geslaan wanneer hulle­ so gedrug is.

Die egpaar sê hulle raak nie jonger nie en vrees die dag wanneer die kids hulle in hulle eie huis disnis kom slaan.

Die antie sê sy weet nie waar die laities aan hulle drug habits kom nie, want sy’t nie haar kinders so grootgemaak nie.

Bobbejane

“Wanneer dit naweek raak, borrel onse senuwee al op, want veral die jongste kleinkind is rammetjie-uitnek soos die oudstes hom van die liederlikste maniere geleer het,” sê antie Johanna.

Volgens die couple het hulle pastoor al vir hulle kom bid.

Hulle pastoor het ook belowe dat hy die duiwels uit daai sewe “bobbejane gaan bid”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters