Verlede maand
Oues gestrand
WAGTEND: Talle mense hoop om geholpe te raak met hulle Sassa-geldjie.  ~ Basil Davids

ASHTON. – Geen taxi’s was gisteroggend douvoordag vir die oues van dae beskikbaar nie.

Baie oumense moes toe van hulle huis af loop en toe in lang rye gaan staan om hulle AllPaytjie te trek.

Sitwell Burwana (75) en sy vrou, Brenda, was van die pensioenarisse wat gister­oggend reeds omstreeks 02:00 reggemaak het om vroeg ’n taxi na Robertson te haal.

Hulle moes gaan pay en wou ook hulle maandelikse shopping doen.

Burwana sê toe die taxi nie uitkom nie, moes hy sy vrou terug huis toe neem.

Brenda is baie siek en sou dus nie die lang pad kon aandurf en boonop in die donker hike nie.

Betaal

“Ek het gelukkig baie gou ’n lift gekry.

“Ek moes die driver R20 betaal om in die dorp in Robertson uit te kom,” vertel Burwana.

Hy sê toe hy in daai lang ry gaan staan, het hy gesien baie van die ou vroue sit sommer plat op die grond.

Volgens hom was hulle óp van moegheid.

Ernstig voeg hy by: “Ek weet ons almal het die geld brood­nodig, veral in hierdie tyd van Covid-19.”

MOES HIKE: Vir Sitwell Burwana (75) was dit ’n baie lang dag.

Gister was die dorp stampvol mense.

In die shopping mall moes Burwana dus in nóg ’n lang tou inval toe hy hulle goedjies gaan koop het.

“Dit was ook ’n baie lang proses.

“Ek kon sien dat van die bejaardes dit nie meer kon uithou nie.”

Volgens hom kon hy ook nie eintlik veel inkopies doen nie, want daar was geen taxi’s om hom weer by die huis te kry nie.

“Ek sal maar op ’n ander tyd weer kom om nog kos te koop om my en vroulief aan die lewe te hou,” sug Burwana.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters