17 dae gelede
Ouers kla oor geld vir vervoer
 ~ 

ASHTON. – Baie skole in die Breederiviervallei het nog nie hulle vervoer-subsidies aan begunstigdes uitbetaal nie. Hieroor braak baie ouers gal en talle het Vrydag na skole opgeruk om uit te vind wat die oponthoud is.

Een besorgde ouer, Michelle­ Januarie, sê dat sy soos baie ander pappas en mammas vanaf 2018 nog nie haar twee kinders se subsidies ontvang nie.

Aansoeke

Volgens Januarie sê die hoof by haar kinders se skool elke keer die ouers moet geduldig wag, want die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) sloer met die subsidies. Nog ’n ouer, Franklin de Wet, sê hulle moet nou self vir die taxi-geld opdok.

Millicent Merton, ’n woordvoerder van die WKOD sê, sekere van die skole se aansoeke is te laat ingedien.

Volgens Merton word die aansoeke tans verwerk. Sy sê as die aansoeke goedgekeur word, sal uitbetalings gedoen word.

Volgens haar sal hoofde dan die betrokke ouers in kennis stel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters