2 maande gelede
Ouer-onrus!
Ontwrig: Die Laerskool St. Thomas in Malmesbury was gisteroggend die toneel van ’n betoging. Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

MALMESBURY. – ’n Groep gatvol inwoners van die informele nedersetting Lingelethu het gister drie skole in die gemeenskap ontwrig.

Hulle wou weet waarom die onderwysdepartement sy voete sleep met die opgradering van hulle plaaslike laerskool.

Volgens inwoners moes die departement al teen April 2018 klaar gewees het met die werk aan en uitbreiding van die skool in Lingelethu.

Gefrustreerd

Die betogers het toe opgeruk na St. Thomas.

Volgens ’n personeellid by die laerskool gaan die betoging nie oor plek vir hulle kinders in dié skool nie, maar oor ’n nuwe skool vir die kleinspan.

betoging: Betogers vergader gister buite die Laerskool St. Thomas, waar hulle eise vir die opgradering van ’n skool in Lingelethu aan die departement wou stel. Fotoverskaf

“Die mense wat betoog het, was nie aggressief nie, maar eerder gefrustreerd.”

Bronagh Hammond, provinsiale woordvoerder van die onderwysdepartement, het bevestig­ ’n groep betogers het drie skole ontwrig, te wete die Hoërskool Lingelethu, St. Thomas en die Primêre Skool Naphakade.

“Die groep eis dat die departement die Primêre Skool Naphakade opgradeer en uitbrei,” sê sy.

Hammond het ook bevestig die departement sou gisteraand met verskeie gemeenskapsleiers vergader om die kwessies rondom infrastruktuur en moontlike tydvakke te bespreek.

“Ons vra dat die gemeenskap die onderwys-ure van skole respekteer sodat ons onderwys aan die leerders kan lewer. Ons is bereid om te vergader, maar enige ontwrigting van skole is onaanvaarbaar, aangesien dit die leerders is wat die meeste daaronder ly,” sê sy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters