8 maande gelede
Oue verlang na missing sus
waar’s jy? Lydia Pienaar (75) huil oor haar langverlore suster. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Haar enigste suster was maar net 8 jaar oud toe sy ontvoer is ...

En elke dag van haar lewe treur Lydia Pienaar (75) nog oor Katriena Fouly, wat destyds spoorloos van die skool verdwyn het.

Pienaar sê sy bid daagliks dat sy en haar suster herenig moet word.

Pienaar sê sy is oorspronklik van De Aar.

“Ek en Katriena was onse ouers se enigste twee bloedjies,” vertel Pienaar.

“Ek was in ’n höer standerd as Katriena.”

Vergeet

Sy het op die nood­lottige dag vroeër huis toe gegaan.

“Ek sal nooit daai dag vergeet toe my suster nooit by die huis opgedaag het nie.”

Weke lank is daar oral na Katriena gesoek.

Weke het maande en later jare geraak.

Pienaar sê sy en haar ouers het op die dag van haar suster se verdwyning gehoor Katriena en ’n tjommie het in ’n kar geklim.

Pienaar vertel: “Ek het niemand meer oor nie. Albei my kinders is dood toe hulle met ’n bus op pad skool toe was.”

Die bus het destyds van ’n brug gestort en in die Modderrivier beland. Al die kinders het verdrink.

Tog sê Pienaar sy het ’n gevoel dat haar suster nog leef.

“Asseblief, Katriena, as jy dié berig lees, kom na my toe.

“Ek het nie ’n selfoon nie. Ek woon in Mullerstraat nommer 3 in Robertson.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters