24 dae gelede
Oud-onnie vermis
Marius TobiasFOTO VERSKAF  ~ 

ROBERTSON. – ’n Man wat destyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) studeer het, word al langer as ’n week vermis.

Marius Tobias, in sy vroeë 50’s, is nog op die dag van sy verdwyning gesien. Hy is daarna blykbaar beroof.

Hy was geklee in ’n blou sweetpakbroek en grys jersey.

Gister het familie en die cops eers gebid voordat hulle weer die buurt gefynkam het.

Marius het in die vroeë 1980’s aan UWK geswot Deon Davids was sy kamermaat.

Marius het epilepsie, maar het steeds begin skoolhou.

Hy wou volgens sy familie eendag ’n professor in tegnologie word, maar weens sy siekte kon hy nie.

Ondervra

Sy broer Ben Tobias sê: “Hy het ná sy studies en ’n paar jaar as onnie net by onse ma gebly en elke dag sy medikasie geneem. Ons weet nie wat met hom gebeur het nie.”

Die cops het ook gister iemand ondervra. Die persoon het allerhande stories oor Marius se verdwyning vertel.

’n Familielid sê Marius het verlede Dinsdag vroeg geloop.

“Ons het verneem dat hy aangerand is en dat sy geld van hom gevat is,” het die familielid aan Son gesê.

Gister het ’n soekgeselskap, tesame met die polisie, weer na Marius in die woonbuurt gesoek. ’n Snuffelhond kon hom ook nie opspoor nie.

Mense wat weet waar Marius hom bevind, kan 063 245 8426 bel. – Basil Davids

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters