20 dae gelede
Oud-mayor sluit by Patriotic Alliance aan
Basil Kivedo  ~ Argief

BASIL Kivedo, voormalige burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, het Sondag by die Patriotic Alliance aangesluit. 

Kivedo is 'n oud-DA-lid wat ook in die Wes-Kaapse wetgewer gedien het.

Pat Januarie, 'n voormalige senior ANC-leier van De Doorns, het ook by die party aangesluit. Gayton McKenzie, president van die Patriotic Alliance, het hulle persoonlik verwelkom. 

Luidens 'n verklaring van die party is Januarie welbekend vir sy verteenwoordiging van plaaswerkers en aktivisme in De Doorns, die Breedevallei-munisipaliteit en die Boland.

"Die Patiotic Alliance groei en lok aktiviste van die DA en ANC soos mense bewus word van ware vryheid, maatskaplike geregtigheid en die ellendige toestand van die armes in bruin- en swart gemeenskappe. Ons mense besef dat die DA en ANC misluk het," lui die verklaring. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters