Verlede maand
Oud-bewaarder waarsku jonges
VAT NOTE: Kosie Jansen het ná 35 jaar van bewaarder wees uiteindelik sy tronksleutels opgehang.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Hy wil die nuwe generasie tronkbewaarders wysmaak oor die ways van hul werk.

Kosie Jansen het verlede week sy tronksleutels ná 35 jaar opgehang.

Jansen het sy opleiding destyds aan die Westlake-kollege ontvang.

Hy is ná sy uitpassering sommer by die diep kant van die gevangenis se selle ingegooi.

Volgens Jansen was hy by die maksimum-eenheid werksaam waar hy elke dag geharde tronkvoëls moes oppas.

“Onthou, daai dae was bitter moeilike tye, want jy’t nooit geweet of jy weer terug huis toe sal keer nie,” vertel Jansen ernstig.

Volgens Jansen het hy al baie gevalle gesien waar inmates van sy kollegas aangeval het.

Prentjie

“Sommige van my kollegas het in hierdie aanvalle gesterf, terwyl ander, soos ek, baie gelukkig was om nooit in my diensjare deur ’n inmate aangeval te word nie.”

Jansen sê hulle het destyds tawwe opleiding ontvang.

“Vandag is dit heeltemal ’n ander prentjie.

“Die nuwe generasie tronkbewaarders word met nuwe tegnologie opgelei.

“Hulle is maar bitter min fisiek met die gevangenes in kontak.”

Jansen sê wanneer die nuwe jong bewaarders in tronke begin werk, moet hulle op hul hoede wees.

“Die tronk is nie vir sissies nie. Jy moet guts hê en altyd jou troepe se rûe beskerm,” vertel Jansen.

Sy vrou, Marisa, sê toe sy haar man se uniform vir oulaas in die nate stryk, het die trane daarop geval.

“Ek, die kinders en kleinkinders is baie trots op my man.

“Ek droom daarvan dat ons nou op ’n lekker vakansie kan gaan, maar Kosie is op sy gelukkigste as hy in sy tuin kan sit,” vertel sy laggend.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters