2 maande gelede
Ou wéér vas op ’n wapenklag
Daar is op 10 onwettige vuurwapens beslag gelê  ~ Foto Ter Illustrasie

DIE vermeende leier van ’n bende in die Strand, Anwar “Nafie” Jacobs, het laas week in die hof verskyn vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie. Sy saak is vir ’n borgtogaansoek uitgestel.

Volgens kapt. FC van Wyk het die eenheid teen bendes Jacobs Dinsdag in ’n operasie gearresteer. Die Kaapse hooggeregshof het Jacobs onlangs op ’n soortgelyke klag op borgtog vrygelaat. Die eenheid teen bendes het verskeie operasies in die Strand gehou ná talle skietvoorvalle in die laaste twee maande.

Daar is op 10 onwettige vuurwapens beslag gelê en bendelede is in hegtenis geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters