13 dae gelede
Ou strip sy huis
SWARIGHEID: Samuel Kana (56) is op pad na die scrap metal-plek om sy basin te gaan verkoop vir kosgeld.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Wanneer ’n mens begin om die inhoud van jou huis te verkoop om aan die lewe te bly, moet jy weet hoe laat dit is.

Samuel Kana (56) is ’n man sonder werk.

Kana sê hy het al aansoek gedoen vir ’n ongeskiktheidstoelaag en hy hoop hy sal dit eendag kry.

Kana en sy vrou is deesdae so desperaat, hulle het al begin om van hul huisraad te verkoop.

Volgens Kana het hy al van sy krane afgebreek om dit aan ’n scrap metal-besigheid te gaan verkoop.

Hy sê moedeloos: “Ek het nie meer ’n keuse nie, want ons vergaan van die honger.”

Gister het Kana ook sy kombuis se wasbak op’n kruiwa gelaai en dit vir scrap metal gaan verkoop. Hy sê hoopvol hy sal so R20 daarvoor kry.

Volgens hom is daar nog net ’n paar goed in sy huis wat waardevol genoeg is vir die scrap metal man.

Kana sê hy kan nog ’n paar rand maak uit die metaal van sy stort- en basin-krane, en dan is daar nog die deure se handvatsels.

“Ek moet brood op die tafel sit, so ek het geen ander keuse nie as om van die huis se goeters te verkoop,” sê Kana.

’n Vriend van hom, Manuel Fuks, sê Kana is baie desperaat en voeg by: “Ek het hom al gesê hy moet net vasbyt, hy sal eendag ook soos ekke AllPay kry.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters