Verlede jaar
Ou soek scrap, toe klap skote
woede: Betogers gister voor die hof in Worcester.Foto: BOHEMIA HOFMEESTER  ~ 

’N VERMEENDE rassis sit in die mang met ’n klag van moord oor sy kop nadat ’n man wat scrap bymekaargemaak het, doodgeskiet is.

Elton Weise het gister die eerste keer in die Worcester­-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.

Die bewering is dat hy Johannes­ Jacobs Vrydag­oggend voor sy werkplek doodgeskiet het.

Jacobs en sy suster was besig om scrap in die drom voor Weise­ se werkplek, Nu Trend, te soek toe Weise op hulle afkom.

Jacobs het buite die drom gestaan, terwyl sy suster binne-in­ die drom gesit het.

Rdl. Colin Wildskut sê Jacobs se suster het oor die voorval vertel.

Weise het volgens haar geskree: “Julle h*tn*tte, wat maak julle in die drom?!” voordat hy Jacobs aangerand­ en daarna op hom geskiet het.

Wildskut vertel verder: “Hy het glo vir hulle gesê hulle moet sy goed teruggee wat hulle uit die drom gevat het.

“Daarna het hy Johannes se stok van hom afgevat.

“Toe Johannes buk om ’n klip op te tel en hy weer sy kop optel, het hy in die gun vasgekyk.”

Hy is twee keer in die nek geskiet.

“Johannes het weggehardloop en in die pad inmekaargesak.

“Daai boer het hom nie eens ’n kans gegee om te lewe nie.

“Dit was sy daaglikse inkomste om vir sy vrou en twee kinders te sorg.

“Hy (Weise) is ’n vuurwapen-instrukteur en ’n man wat gereeld jag. Dis amper asof Johannes net nog ’n prooi was om te jag.”

johannes jacobsFoto’s verskaf
Elton Weise FOTO VERSKAF
woede: Betogers gister voor die hof in Worcester.Foto: BOHEMIA HOFMEESTER

Jacobs se ouers, Hendriena Adams en Martin Maklawie, was baie hartseer buite die hof. Hulle sê hulle het glad nie gehou van die werk wat hul seun gedoen het nie, maar dat dit wel ’n groot hulp was.

Theonique Kammies, Jacobs­ se vriendin en die ma van drie kinders, sê hulle het 15 jaar scrap versamel. Weise verskyn op 31 Julie weer in die hof wanneer hy om borgtog aansoek sal doen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters