6 dae gelede
Ou sê oor onnie
DIE OU: Brian Mudyiwayana het uitgepak oor sy seks­kapades met sy slagoffer.  ~ Basil Davids

SWELLENDAM. – Brian Mudyiwayana (37), die vermeende reeksmoordenaar van Zimbabwe, het hier aan die rondgaande hooggeregshof confess dat hy ’n onnie vermoor het.

Mudyiwayana het van 2016 tot 2019 verskeie grusame moorde in verskillende dorpe gepleeg.

Volgens Mudyiwayana het hy die onderwyseres Lungelwa Dangatya iewers in Desember 2017 ontmoet.

Sy was ’n sangoma en ook ’n onnie wat twee tot drie dae per week by ’n skool in Mosselbaai skoolgehou het.

Mudyiwayana het getuig hy en die 47-jarige Dangatya het ’n vaste seksuele verhouding aangeknoop.

“Sy het ook moetie vir ’n lewe gemaak,” het hy getuig.

Mudyiwayana het gesê hulle het op 19 Desember 2017 by Dangatya se huis seks gehad.

Volgens Mudyiwayana kan hy baie mooi onthou dat hulle nog daai spesifieke oggend die heel laaste keer omgang gehad het.

“Ons het, nadat ons intiem verkeer het, nog ’n paar biere saam gedrink en toe is sy dorp toe.”

Mudyiwayana het getuig Dangatya het die aand omstreeks 19:00 weer by die huis opgedaag.

“Sy het toe moetie berei en kort daarna na haar vriend, wat ook ’n sangoma is, gegaan.”

Volgens hom het Dangatya toe vir hom ’n kulturele necklace genaamd “chomma” gegee.

“Ek moes die necklace dra en sy het ook aan my bloed gegee wat ek by my moes hou,” het Mudyiwayana getuig.

Hy sê dat Dangatya ook ’n slang in haar huis aangehou het.

Hy moes die slang gedurig met vleis voer.

Mudyiwayana sê in ’n stadium het hy duiselig begin voel.

Hy verduidelik dat hy in ’n toestand tussen­ wakker en aan die slaap was.

“Ek het toe gesien hoe Dangatya nader aan my kom en my begin vasdruk.”

Volgens hom het Dangatya hom toe probeer versmoor, maar hy kon daarin slaag om haar van hom af te gooi.

Gelig

Hy getuig dat hy Dangatya toe met ’n baksteen oor die kop doodgeslaan het.

Mudyiwayana vertel verder die slang het toe van onder die bed gekom en hom geface.

Die slang het in ’n ver­dedigende posisie sy kop in die rigting van Mudyiwayana gelig.

Mudyiwayana sê hy het toe stadig na die deur geloop, dit oopgesluit en toe geloop.

“Ek erken aan die hof dat dit ook dieselfde slang en die enigste een was wat ek gebruik het in ál die moorde wat ek gepleeg het,” het Mudyiwayana in die hof bely.

Nog getuies sal vir die komende paar weke in hierdie opspraakwekkende saak kom getuig.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters