Verlede maand
Ou met Mandrax stash vas
Die vondsFoto: SAPD  ~ 

’N VERMEENDE dwelmsmous (25) is Vrydag douvoordag in Mbekweni gearresteer.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê lede verbonde aan die misdaadvoorkomingseenheid van die Wynland-polisiegroepering, Mbekweni-polisiestasie en Paarlse misdaadintelligensie het op inligting gereageer en die verdagte se blyplek in Bomvustraat deursoek.

Hulle het beslag gelê op 1 451 Mandrax-tablette. Dit het ’n geskatte straatwaarde van R72 500.

Hy sal na verwagting Maandag in die Wellingtonse landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters