3 maande gelede
Ou lig glasie op die bruid
eina: Die bruidjie wys waar sy in die rug gelem is en 24 steke moes kry. Foto: Basil Davids  ~ 

ROBERTSON. – Op haar wedding day is sy byna morsdood gesteek.

Mandy (skuilnaam) het Saterdag getrou. Maar toe loop dinge erg skeef en nou kan die happy couple nie eens op honeymoon gaan nie.

’n Bitter teleurgestelde Mandy (26) vertel gister haar troue het goed afgeloop.

Maar dan voeg sy by: “Agterna het ons huis toe gegaan en daar gaan after party hou.”

Aanval

Sy sê alles was jolig en mooi, maar toe kom vertel van die gaste daar is jongens wat met haar twee neefs baklei net ’n klipgooi van die huis af waar die after party gehou is.

“Ons wou die ouens probeer kalmeer wat my neefs aanval. Toe sien ek ’n ou wat op my afstorm,” vertel die bruid.

Mandy vertel die ou het met ’n glas in sy hand op haar afgepyl en haar een skoot in die rug gesteek.

Volgens haar het die ou toe weggehol. Sy sê verder sy ken haar aanvaller.

“Ek het gevoel hoe die bloed uit my rug stroom. Toe gaan ek huis toe,” vertel sy.

Sy is dadelik na die hospitaal geneem, waar sy 24 steke in haar rug gekry het.

Mandy sê sy weet nie wat die jong sou besiel het om haar so te steek nie.

“Ek weet nie of hy dalk jaloers was omdat ek met my man getrou het nie,” sê sy.

In al die skok en chaos het Mandy teen gister nog nie ’n klag by die polisie aanhangig gemaak nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters