10 dae gelede
Ou in hof ná sy meisie se moord
Sithobele Qebe verskyn volgende week weer in die hof.  ~ Foto ter illustrasie

'N OU van die Paarl, wat na bewering sy meisie vermoor en haar liggaam in 'n wheelie bin verbrand het, het Woensdag sy eerste verskyning in die Paarlse landroshof gemaak.

Siphokhazi Booi se liggaam is Sondagmiddag langs die spoorlyn in Mbekweni gevind.

Sithobele Qebe (30) staan tereg op 'n klag van moord asook 'n bykomende klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die aanrandingklag hou verband met 'n voorval twee weke voor haar dood. Hy is kort daarna vrygelaat en sou volgende maand in die hof verskyn. Die twee sake is nou bymekaar gevoeg.

Qebe verskyn op 13 September weer in die hof. - News24



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters