25 dae gelede
Ou cry foul oor kiepplek
WAT NOU? Raymond Adams is sy werk kwyt.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Die larney van ’n daddy wat vir sy gesin probeer sorg, het hom na bewering soos ’n hond weggejaag.

Nou is die arme man sommer na aan trane, want hy weet nie wat hy in die Covid-19-tyd gaan doen nie.

Raymond Adams sê hy was vir jare werkloos en het maar onlangs ’n vaste job by Kekkel en Kraai gekry.

Volgens Adams het sy werkgewer, Riaan van Wyk, hom Donderdag baie onbeskof beveel om te loop.

Gryp

Adams sê: “Ek weet nie of die man dink ek is met Covid-19 besmet nie, maar ek is blakend gesond, en as dit die geval is, was ek bereid om vir ’n toets te gaan.

“Ek was nog besig om hoender te sny toe gryp hy die mes uit my hand en sê ek moet trap.”

Adams sê hy moes die werksklere ook net daar voor die werkers en klante uittrek.

Hy sê: “Ek was so skaam om tot byna op my onderklere uit te trek.”

Adams sê Van Wyk het gesê hy moet uit sy winkel “f*ck” en hy is ook lelik uitgevloek.

Adams meen Van Wyk sal nie eens ’n hoender so sleg vertel nie.

Adams sê toe hy Maandag teruggaan, het Van Wyk nog nie afgekoel nie en hy wou hom sy maandelikse pay betaal.

Broodwinner

Hy sê: “Ek het toe geweier om my pay te vat en aan hom gesê ek gaan die saak by Son en die CCMA aanmeld.”

Adams sê hy is die enigste broodwinner vir sy vrou, kinders, skoonma en kleinkinders.

Hy moan: “In dié tyd was dit tog so onnodig om my soos ’n hond sonder enige rede weg te jaag.”

Van Wyk, het gister baie beleefd aan Son gesê die issue word volgens arbeidswetgewing hanteer en dat hy nie daaroor kan uitwei nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters