2 maande gelede
Ou bieg by ma ‘oor moorde’
Chantell MatthysenFoto’s: Jonathan lestrade  ~ 

TOE Johan Williams teenoor Chantell Matthysen se ma oopmaak dat hy haar kind vermoor het, het hy glo ook laat weet sy was nie sy eerste slagoffer nie.

Matthysen se ma, Carol Peters, het sommer self vir Williams begin ondervra toe hy nie wou bos los oor wat hy met haar kind gemaak het nie.

Sy het gister aan Son vertel die aand toe Williams vasgetrek is, het ’n kolonel haar gebel en gesê Williams wil nie praat nie.

Peters vertel: “Ek het aan hom gevra wat hy met my kind gemaak het.

“Hy het nog met ’n klomp stories gekom en gesê hy wil eers sy kind sien wat saam met sy girlfriend by die polisiestasie was.

“Nadat hy haar gesien het, het hy gesê hy is reg om die waarheid te praat.

“Dit was nie lank nie, toe gaan hy saam met die ondersoekbeampte om haar lyk uit te wys.

“Ek het nie geweet nie en die kolonel het toe vir my kom sê.

“Hy’t gesê hy kan nie sê of dit my kind is nie en dat ek eers die volgende dag haar lyk kan uitken.

“Ek het vir Johan gevra of hy my kind verkrag het, waarop hy ‘nee’ geantwoord het. Ek het hom daarna gevra wat hy dan met my kind gedoen het.

“Hy’t gesê hy het haar gewurg.

“Ek wou weet wanneer hy haar doodgemaak het en hy het gesê al die Sondag, ’n dag nadat sy daar aangekom het.”

Peters sê toe haar ma vra hoekom hy haar kleinkind doodgemaak het, moes hulle hoor sy was nie die eerste een nie.

Volgens Peters het sy dit toe aan die kolonel gesê en hy was baie verbaas, waarop hy haar sommer gevra het of hy wel so gesê het.

Die kolonel het toe glo nader ondersoek ingestel en dís hoe hulle die lyk van Maria Isaacs gekry het en daarna Natalie Jonkers, wat al ses jaar vermis was.

Peters sê sy glo Williams wou haar stiefdogter ook in ’n strik lei deur aan haar ook ’n werk aan te bied.

Teen dié tyd was Matthysen reeds vermoor, maar toe mislei Williams haar nog, verduidelik Peters.

Sy vertel: “Lyk my hy het vir Nikkie ook lus gehad, want toe chat hy namens Chantell van haar foon af en sê daar is werk vir haar ook.

“Hy het haar Annique genoem en ek weet ons noem haar mos Nikkie.

“Hy het gevra waar sy is en gesê dat sy die Sondag moet begin werk.

“Ek het toe gesê: ‘Maar, Chantell, jy weet dan sy’s in Genadendal’ en wie gaan na haar kind kyk?’

“Daarna het Johan weer van sy nommer af gestuur dat sy vrou vir Annique ’n way gemaak het.

“Ek het agtergekom iets is nie reg nie en het my nie veel aan die werk gesteur nie.

“Hy wou haar lok tot daar.”

Peters verduidelik hoewel daar gerugte is dat Williams haar kind vyf keer geseks het, weet sy hy sou dit nooit regkry om haar te verkrag nie.

“My kind sou haar liewer laat doodmaak as wat sy dit sou toelaat.

“Sy sou baklei het tot die dood.

“Toe die kolonel haar vind, het hy my gesê sy het nog al haar klere aangehad en haar broek se zip was ook toe.”

VERDAGTE: Johan Williams vertel glo aan Chantell Matthysen se ma wat gebeur het.Foto: peter abrahams
in rou: Carol Peters bars in trane uit terwyl sy haar kind se kis dra.
Chantell MatthysenFoto’s: Jonathan lestrade

Volgens ’n polisieverslag is Matthysen verwurg en met vasgebinde hande agter die rug gevind.

  • in die Wellingtonse landdroshof verskyn in verband met die moord op Matthysen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters