3 maande gelede
Ou ‘betas girl in swembad’
TRAUMA: Die ma omhels haar meisiekind (8) wat deur ’n nare ordeal in ’n swembad is. Foto: KALLIE SMIT  ~ 

KINDERS se veiligheid by openbare swembaddens is onder die soeklig nadat ’n meisie in die water betas is.

Die meisiekind (8) vertel sy en haar niggie was Sondag in die Saron-swembad toe ’n man hulle kom vra het of hy hulle kan leer swem.

Die meisie verduidelik: “Die man het gesê ek moet op sy rug klim. Hy het aangehou, toe doen ek dit maar.

“Toe ek wou, afklim, gryp hy my been. Toe knyp ek hom.

“Toe ek hom weggestoot, voel ek sy onderlyf is styf toe dit aan my been raak.

“Hy het my onder aan die lyf beetgekry.

“My niggie het my van hom probeer wegtrek, maar toe stoot hy haar weg.

“Ek het kans gekry om los te kom en toe gaan sê ek vir die lifeguard wat gebeur het.”

Die kind se ma sê die niggie (10), wat onder die water was, het gesien hoe die man haar kind tussen die bene betas.

Die man is kort daarna gearresteer.

Daar was chaos by die polisiestasie toe die kind se familie die man se bloed gesoek het.

Die kind is erg getraumatiseer en het aan die huil geraak terwyl sy oor die voorval praat.

Haar ma is ook ontsteld oor gerugte die rondte doen dat haar kind verkrag is.

“Ek hoop die mense wat dié twak rondvertel, lees in die koerant wat die ware feite is.

“My kind is deur ’n nare or­deal en nou word daar onware stories versprei, wat haar in die toekoms net nóg meer kan ontstel.

“Die skuldige moet gestraf word vir wat my kind deurgegaan het.”

Kapt. FC van Wyk, ’n woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ’n 50-jarige man Dinsdag in die landdroshof in Tulbagh verskyn het op aanklag van seksuele­ aanranding.

Die man van Gouda is op borgtog van R500 vrygelaat.

Gerald Esau, die uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, sê: “Die munisipaliteit gee sy samewerking aan die polisie in die ondersoek.

“Die munisipaliteit gaan dadelik aandag gee aan die verskerping van sekuriteit by die swembad en gaan beamptes opdrag gee om hulle pligte deeglik uit te voer,” het Esau bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters