Verlede maand
Operasie ontsmet op dreef
Die Stellenbosch-munisipaliteit het vandeesweek strate ontsmet.  ~ Foto ter Illustrasie

STELLENBOSCH. – Die munisipaliteit met die tweede meeste Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap het die afgelope week ’n program begin om strate in sy middedorp, asook sypaadjies, parke, vullisdromme en besige oop ruimtes, skoon te was en te ontsmet.

Daar is 16 bevestigde gevalle hier aangemeld. Die Stellenbosch Munisipaliteit spuit nou ’n dik laag ontsmetmiddel op sypaadjies en bankies in openbare ruimtes.

Dit is nie net in die Eikestad wat die ontsmetting plaasvind nie.

Daagliks

Volgens Madelaine Terblanche, direkteur vir korporatiewe dienste van die Swartland Munisipaliteit, ontsmet hulle ook daagliks die sypaadjies en ander oppervlaktes in Malmesbury, Moorreesburg en Ilingelethu, veral by die taxi-staanplekke.

Die Drakenstein Munisipaliteit gaan ook van sy openbare ruimtes begin ontsmet, aldus Marius Wüst, hoof van ingenieursdienste by dié munisipaliteit.

Riana Steenkamp, woordvoerder van die Overstrand Munisipaliteit, sê hulle doen dit ook reeds, “veral by die taxi ranks, openbare toilette en ook by die informele nedersettings”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters