3 maande gelede
Op sy perdjie
sjoe: Keith Goodwin het in dié gesprek vir Jessica Grandfield gevra om kaalfoto’s van haar te stuur. FOTO’S verskaf  ~ 

’N GAY man sê hy is gatvol van ’n apostel met ’n “moffiegees” in hom.

Dié apostel, Keith Sharief Goodwin van Botrivier, is agter al wat ’n “moffie” is aan, beweer Marshalow “Bobsie” Steedsman, ’n omroeper by ’n radiostasie in Grabouw.

Bobsie het besluit om uit te praat nadat Goodwin sy WhatsApp inbox toegegooi het met lustige penisfoto’s en skommelvideo’s.

Vir bewyse het hy ook screen grabs gemaak van die gesprekke tussen hom en Goodwin.

Bobsie dink die apostel moet ’n les geleer word omdat hy “al wat ’n gay man is, wil opklim”.

Facebook

Bobsie vaar uit: “Nee, man! Die man kan nie aanmekaar daarmee wegkom nie. Hy doen dit al jare

“Hy is oor die gays. Daar moet iets aan die saak gedoen word. Hy’s ’n sleg n**i!”

Volgens Bobsie ken hy Goodwin al jare persoonlik, maar die kerkman het nou ook op Facebook met hom kontak gemaak.

Bobsie sê: “Ek is moeg van hom wat verskillende moffies wil n**i.

“Hy soek die moffies se nommers by my.

“Hy kry nie eens skaam nie. Hy gee voor hy’s gelowig en heilig. Hy’s dan ’n apostel wat mense doop en salwe.

“Wat hy doen, is nie reg in die oë van God nie.”

Jessica Grandfield, ’n transgender persoon, het aan Son gesê sy was jare in ’n verhouding met Goodwin – terwyl hy getroud was.

Gewaarsku

Volgens Grandfield het sy nie geweet Goodwin is getroud nie.

Sy het vertel: “Ek verstaan sy vrou het hom gelos.

“Toe my antie uitvind van ons, het sy my gewaarsku om hom te los.

“Ek is bly Bobsie expose hom sodat die gemeenskap kan sien wie hy is.”

Toe Son Goodwin vir kommentaar nader, het hy gesê Bobsie wil sy naam swak maak omdat hy nie in hom belang stel nie.

Goodwin het gesê: “Bobsie is nie reg in sy kop nie.

“Ek weet nie wat hy try nie, maar my kant is skoon.

“Hoekom stuur hy net bewyse van goed wat ek aangestuur het, maar nie sy gedeelte nie?

“Hierdie goed gaan my siek maak, maar elkeen kry sy dag by God.

“Ek gaan Bobsie lelik seermaak. Hy mors met my naam.”

Nadat Son met Goodwin gepraat het, het hy verskeie dreigemente aan Bobsie gestuur.

Son het voice notes waarin Goodwin Bobsie lelik uitvloek en dreig die gangsters hom gaan vrekskiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters