2 maande gelede
Oom dood verklaar oor sy funky ID-foto
AI TOG: Dis rêrig ek in my prime, verduidelik Jan Swart, gewapen met sy ID-boek met daai foto.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Hy is morsdood verklaar oor sy voorkoms en die foto in sy ID-dokument nie met mekaar ooreenstem stem.

Jan Swart (62) sê verontwaardig: “Hier’s ek dan! Mense verander mos.

“Ek’s Jan Swart, wat dalk kompleet uitgeknip soos James Brown gelyk het. Never mind, ek het daai looks gehad!”

Hy verduidelik: “Kyk, die ding is dat ek mos destyds ’n kwaai ID pic – die een in my ID – laat vat het. Jy onthou mos sommer daai instap doer innie Kaap. Agter gordyne snap daai ding vanself.

“Jy skrik jou moer af as daai flippen flash afgaan.”

Vandag, ná dekades, het die jare hom gevat en sy looks verander.

Swart sê hy het al hoop verloor, want elke keer oor die jare as hy gaan explain het, wou niemand hom ooit glo dat hy daardie man op die snêppie is nie.

Hy vertel: “Ek werk op ’n plaas en die geld wat ek pay, beland altyd in ander mense se bankrekeninge.”

Swart vertel hy het destyds ’n neef met dieselfde naam en van as hy aan die dood afgestaan.

Aanklop

“Ek dink hulle het ’n verkeerde Swart, my eie neef, dood verklaar,” redeneer Swart.

“Kyk, hier is ek dan nog ’n spring chicken, met gladde kop ofte not ...” kla hy.

Hy wil ná die lockdown weer by binnelandse sake aanklop om die ID-foto en lewend/dood-besigheid uiteindelik uit te sort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters