24 dae gelede
Onnie laat leemte
emily roode¬≠FOTO VERSKAF  ~ 

TULBAGH. – ’n Beminde opvoeder, Emily Roode (63), is Vrydag skielik oorlede.

In die gemeenskap was sy bekend as Juffrou Emily en by die skool as Ma.

In 1974 het sy haar onderwysloopbaan voltooi aan die St. Augustine-onderwyskol­lege in Parow.

Haar eerste betrekking was by die Hoërskool Waveren in Tulbagh in die grondslagfase – en in 2013 het sy by die einste skool afgetree.

Ná haar aftrede was haar passie vir onderwys nog sterk en sy het tot en met haar sterfte onderwys gegee.

Meegevoer

Sy het by die Primêre Skool Twee Jonge Gezellen VGK, ’n plaaslike skool, gewerk.

In 2011 het sy ’n toekenning by die National Teaching Awards ontvang.

Haar staaltjies het die kinders en kollegas meegevoer en almal het aan haar lippe gehang.

In haar onderwysloopbaan het sy onder sewe hoofde gewerk.

Sy laat haar man, Bernie, seun Bernarco, dogters Zhanolene Roode en Elana Wesso Lewis, drie kleinkinders, ’n broer en twee susters agter.

Die huisdiens is Saterdag 12 September om 10:00 en 11:00 uit die VGK Kerk Tulbagh.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters