3 maande gelede
Onnie hoor volgende maand sy lot
Eugene NewmanFOTO Verskaf  ~ 

’N VOORMALIGE Paarlse onderwyser wat ’n leerder by die skool verkrag het, word volgende maand gevonnis.

Eugene Newman (61) is reeds skuldig bevind. Hy het Woensdag in die streekhof in die Paarl verskyn.

Dié saak spruit uit ’n voorval wat op 29 Mei 2015 gebeur het. Die leerder was toe 16 jaar oud.

Voor dit alles het die meisie haar ma ingelig die ouman-onnie wou haar soen. Haar ma en nóg ’n onderwyser wou haar egter nie glo nie, het die hof gehoor.

Luidens hofdokumente het Newman by ’n ander geleentheid gedurende pouse ’n stap verder gegaan en die kind verkrag.

’n Medeleerder het ’n video van die verkragting gemaak.

Die hof het getuienis gehoor Newman se broer het die klong gedreig om die video te delete.

’n Ander onderwyser het saam met die slagoffer die skoolhoof genader en hom vertel van Newman se vieslike misdaad.

Newman was ’n onderwyser by Charleston Hill Sekondêr in Paarl-Oos.

Toe die beweringe uitkom, is hy na ’n ander skool gepos.

Ook daar het ’n leerder ’n klag van seksuele aanranding teen hom aanhangig gemaak.

Die leerder het egter later die saak teruggetrek.

Newman, ’n pa van drie kinders, is al op 10 Julie skuldig bevind aan verkragting en seksuele aanranding van die Charleston Hill-leerder.

Sy borgtog is met sy skuldigbevinding teruggetrek.

Die saak is tot volgende maand uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters