8 dae gelede
Onnie dood ‘oor spulsheid’
PRINS? Brian Mudyiwayana het by een van sy beweerde victims as “Prince” bekend gestaan.  ~ Basil Davids

SWELLENDAM. – Een van die vermeende Zimbabwiese reeksmoordenaar Brian Mudyiwayana (37) se victims het haar liggaam glo vir hom op ’n skinkbord aangebied.

’n Kollega van die vermoorde Lungelwa Dangatya (47), ’n onnie van Mosselbaai, sê Dangatya sou moontlik vandag nog geleef het as sy nie so spuls was nie.

Dié kollega, Fatisoa Ququi, het in die rondgaande hooggeregshof getuig sy het op 8 Desember 2017 saam met die beskuldigde, wat sy as “Prince” ken, by haar huis gekuier het.

“Ek het Prince deur ’n vriendin van my ontmoet en hy was baie netjies en ’n gentleman,” kon Ququi nog mooi onthou.

Sy het ook vir Mudyiwayana huisvesting aangebied.

Sy was ’n weduwee en het alleen gewoon.

Op 18 Desember 2017 het sy en Mudyiwayana weer saam met haar vriende gekuier. Volgens Ququi het Dangatya haar ook by die groep kom aansluit en toe biere gedrink.

“Ek kan nog baie mooi onthou toe Dangatya by ons kom aansit, was haar woorde dat Prince haar boyfriend vir die aand gaan wees, want sy is lonely.”

Hy het saam met Dangatya huis toe gegaan en by haar oorgeslaap.

“Prince het weer die Maandagoggend hier by my huis aangekom en ons het nog bier gekoop en gekuier,” sê Ququi.

Vertrou

Hulle wou weet hoe die oorslaap by Dangatya was.

Hy’t geantwoord dat sy by haar familie in Kaapstad gaan kuier het.

Hy het ook haar huis se sleutels by hom gehad.

Toe hulle hom daaroor uitvra, het hy verduidelik dat hulle nou ’n item is en dat sy hom vertrou.

Dit het vir die tjommies baie vreemd geklink, maar hulle het toe verder gekuier.

Ququi sê Mudyiwayana is toe daar weg.

Dit was die laaste keer dat sy hom gesien het.

“Dit is vandag die eerste keer dat ek Prince weer sien,” getuig sy.

Ququi het teenoor Mornay Julius, staatsaanklaer, bevestig sy’t geweet dat Dangatya ’n sangoma was. “Ek weet sy was ’n sangoma, maar ’n slang het ek nog nooit in haar huis gesien nie.”

Sy het die hof daarna gevra of hulle met haar klaar is en het wild by die hof uitgeloop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters