Verlede maand
Nuwe werk bring blydskap
baie happy: Vir gelukkiger straatveërs as dié sal ’n mens ver moet gaan soek. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Werklose mense kan nou kos op hulle familie se tafel sit oor hulle werk vanaf die Langeberg munisipaliteit gekry het.

Sowat 40 mammies en daddys smile breed omdat hulle ’n ses maande kontrak van die munisipaliteit gekry het.

Hulle verantwoordelikheid is om die dorp se strate mooi skoon te hou.

Die meeste van die werkers sê dis vir hulle ’n riem onder die hart oor hulle teen Krismis hulle laaste pay gaan kry.

Cedric Lombaard sê hy het jare laas gewerk en elke Krismis kon hy nooit sy gesin se harte steel nie.

Hoop

“Dié Kersfees kan ek vir elkeen van my kinders ’n geskenk koop en daai skaapboud ook op die tafel vir hulle sit,” het Lombaard trots gesê.

Volgens Sarel May gaan hy ook sorg dat sy gesin net van die beste kry.

“Ek het ’n dogter wat nou in matriek is, en ek kan nou sorg dat sy deftig uitgevat na haar matriek ball gaan,” het May gesê.

Die werkers sê hulle hoop dat die munisipaliteit hulle nog ’n kontrak vir volgende jaar sal aanbied.

Almal wil die munisipaliteit bedank vir die goeie gebaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters