3 maande gelede
Nie kalm oor daggawalm
trek hom! Perswill Solomons is besig met sy zol.  ~ 

ROBERTSON. – Oor hulle daai groen blaar rook, het vier werkers finale waarskuwings gekry.

Dié werkers van die plaas Habata Boerdery sê hulle is verlede Vrydag huis toe gepos oor hulle positief getoets is vir dagga. Die plaas is ’n paar kilometer buite die dorp.

Die werkers vertel hulle het on the spot almal finale waarskuwings van die plaaseienaars, Jan Rabie en sy vrou, Christie, ontvang.

Nou is die ouens, wat erken dat hulle hoog in die boom klim, die bliksem in.

Volgens hulle was daar nie vorige waarskuwings oor enige dissiplinêre stappe teen hulle nie. Hulle kla oor hulle sommer straight finale waarskuwings gekry het.

Michael Plaatjies, wat reeds oor die 15 jaar op die plaas werk, sê hulle gaan die issue nie net daar laat nie.

“Toe ons Vrydagoggend vir werk aanmeld, moes ons almal in ’n flessie piepie,” vertel Plaatjies steeds vererg.

Plaatjies sê niemand het geweet waaroor dit gaan nie.

Volgens hom is daar toe bevind dat daar dagga in sy system is.

“Ek is toe gevra om huis toe te gaan en daar is ’n dokument aan my gegee wat lees dat ek ’n finale waarskuwing kry. En sou daar weer dagga in my liggaam gevind word, word ek afgedank.”

Die ander drie werkers, Samuel Januarie, Daniel Tieras en Perswill Solomons, het aan Son erken dat hulle daggarokers is.

Gister by Son se besoek het die ouens weer ’n fix aanmekaar geslaan.

“Sien, ons rook al vir ál die jare dagga en daar was nog nooit ’n problem nie,” sê die tjommies toe.

Volgens Solomons is dagga mos legal en hy weet nie waarom hulle die waarskuwing gekry het nie.

Regsadvies

Tieras sê, terwyl hy die daggastomp strike, hy kan maar sy job verloor, maar hy gaan nie ophou hoog in die boom klim nie.

“Dagga is mos legal en ons gebruik dit glad nie tydens ons werksure nie.”

Volgens die werkers gaan hulle nou regsadvies inwin en aanhou dagga rook in hulle privaat tyd.

Jan Rabie het gister telefonies aan Son gesê daar was klagtes dat van sy werkers in werksure dagga gebruik.

Rabie sê hy het opdrag gegee dat veral die trekkerdrywers, werkers wat met gevaarlike gifstowwe werk, asook sy lorriedrywers getoets moet word vir daggagebruik.

Volgens Rabie is van die werkers positief vir drank en dagga getoets.

Rabie bevestig dat hy aan daardie werkers finale waarskuwings gegee het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters