11 dae gelede
Vyf dood in gru-ongeluk
villiersdorp
WRAK: Dís al wat oorgebly het van die SUV wat in die ongeluk betrokke was.  ~ Facebook

VYF MENSE is Dinsdagoggend in 'n gru-ongeluk op die R321 tussen Grabouw en Villiersdorp dood.

Die voorval het plaasgevind toe 'n trok met sowat 60 plaaswerkers en 'n SUV met drie insittendes gebots het.

Son verneem dat al drie insittendes van die SUV is dood. Die ander oorledenes was passasiers op die trok.

Kol. Andrè Traut, 'n polisiewoordvoerder, bevestig die voorval en dat 'n saak van strafbare manslag ondersoek word.

"Die omstandighede rondom 'n strafbare manslag motorongeluk word nog ondersoek. Dit volg na 'n kop-aan-kop-botsing tussen 'n SUV en 'n trok, wat plaaswerkers vervoer het."

Volgens Traut het die voorval omstreeks 07:00 op die R321 plaasgevind.

Lees meer in Woensdag 8 September se Son Koerant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters