Verlede maand
Ná vasbyt, harde werk is Curtlee nou ’n dokter
BORREL VAN TROTS: Curtlee se sukses is om enige moederhart bly te maak. Hier staan hy by sy ma, Cathy Davids.  ~ Verskaf

’N JONG man van Groenheuwel in die Paarl is ’n bewys van hoe ver ’n mens in die lewe kan kom met die regte ondersteuning.

Curtlee Davids (25) sê dis familie, vriende, kerklede, onderwysers en selfs bure wat hom gemotiveer het om sy sewe maer jare van mediese studie suksesvol te voltooi.

Vandag is Davids ’n gekwalifiseerde dokter met baccalaureusgrade in medisyne sowel as chirurgie.

Hy sê hy en sy ma het saam gehuil toe hy Vrydag die nuus met haar deel.

Jongste

“My pa is oorlede toe ek twee jaar oud was en ek en my twee broers woon nog by my ma. Daar is geen ander dokters in my familie nie, maar die belangstelling in my studies was altyd daar van hulle af,” sê Davids, wat die jongste seun is.

Hy sê hy wou altyd ’n rekenmeester word omdat hy en wiskunde groot vriende was, maar toe hy die stelsels van die menslike liggaam leer, het hy ’n kopskuif genaak.

“Mnr. May van New Orleans Sekondêr het natuurwetenskappe só goed aangebied dat ek heeltemal geïnteresseerd geraak het in die natskei-kant van die vak.

“Toe ek moes vakke kies, was dit lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe, maar ook rekeningkunde omdat die liefde vir syfers nog daar was.

“My skole, Dalweide Primêr en New Orleans Sekondêr, het met die min resources wat hulle gehad het vir my die beste opvoeding gegee. Skoolonderwysers was my rolmodelle as kind.

“Ek het soveel meer as net ’n goeie opvoeding ontvang, ek het ook lewenslesse gekry wat vir altyd by my sal by bly.”

Davids begin volgende jaar by Helderberg-hospitaal werk en kan later spesialiseer in pediatrie, ginekologie of as internis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters