3 jaar gelede
’n Steunpilaar vir Van Breda
uit op bail: Kort nadat Henri van Breda Dinsdag gehoor het dat borgtog aan hom toegestaan is. Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 
uit op bail: Kort nadat Henri van Breda Dinsdag gehoor het dat borgtog aan hom toegestaan is. Foto: JONATHAN LESTRADE
groot smiles: ’n Foto van Henri van Breda en Daniellá Janse van Rensburg wat op die sosiale media pryk. Foto: FACEBOOK

DIE moordbeskuldigde Henri van Breda het skynbaar ’n meisie wat sy steunpilaar is.

Gister het Rapport berig dat Van Breda se nuwe liefde al vroeër vanjaar begin blom het.

Die meisie Daniellá Janse van Rensburg en Van Breda se verhouding het nou behoorlik die sosiale media aan die gons.

Mooi

“Daniellá hét my gesê sy gaan met ’n ‘Henri’ uit, maar ek het nooit geweet, besef, dis dáái Henri (van Breda) nie.”

So vertel Heloise Brown (41), Daniellá se ma.

Dis die mooi, blonde dametjie aan Van Breda se sy en blykbaar die moord­beskuldigde se rots – ongeag wat die wêreld van hom mag dink.

Sy was Dinsdag aan sy sy toe hy in die landdroshof in Stellenbosch verskyn het op die moordklagte op sy ouers en boetie.

Die twee love­birds het glo ’n item begin raak toe albei sedert Februarie by die Capsicum Culinary Studio, ’n sjefskool in Soutrivier naby Kaapstad, ingeskryf het.

Die liefde het amper onmiddellik begin blom, vertel medestudente.

Daniellá se stiefma, Mara Janse van Rensburg, het by navraag gesê: “Nee . . . Ek dra nie kennis van enige vriendskap tussen haar en die man nie.”

Toe klink sy huiwerig en voeg vinnig by: “Wannie (haar man) en ek het nie ’n lekker geskiedenis met die media nie, so geen kommentaar nie.”

Daniellá het by navraag gesê: “Dis nie Daniellá se selfoon nie,” en toe onmiddellik afgelui.

Sy het egter later per teksboodskap aan Rapport gereageer: “Jammer, ek het geen kommentaar nie.” – Netwerk24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters