3 maande gelede
’n Skok vir matrieks
nee! nee! nee! Ouma Su­zanne Strydom is so teleurgesteld soos haar kleindogter.Foto’s: BASIL DAVIDS  ~ 

MONTAGU. – Drie matrieks­ is nie genooi na of welkom by die afskeid volgende week nie.

Dis glo oor hulle die eksamens wat in Junie afgelê is, gedop het.

Een van hulle wou na bewering selfmoord pleeg toe die hoof van die Hoërskool Montagu, Tertius Prins, die nuus aan die ouers oorgedra het.

Son het van die betrokke leerders se ouers besoek.

Elizabeth en Frans de Koker sê hul dogter (19) is platgeslaan daaroor dat sy die aand van haar drome moet misloop.

’n Uiters teleurgestelde Elizabeth sê dít is nadat hulle R8 000 aan haar rok en bykomstighede bestee het.

Ouma Su­zanne Strydom sê toe haar kleinkind (18) die nuus van die hoof kry, wou sy selfmoord pleeg.

Strydom is na aan trane terwyl sy vertel: “Ons moes haar kalmeer, maar dis ’n bitter pil vir haar.”

’n Paar inwoners het verlede week gal afgegaan oor dié behandeling.

Hulle meen Prins is onregverdig. Hulle voel hy moet die arme kinders tog die geleentheid bied om die afskeid by te woon.

’n Omgekrapte inwoner, Lindie de Bruyn, sê dis die aand waarna enige leerder sy of haar hele skoolloopbaan lank uitsien.

Prins het by navraag gesê reëls oor die matriekafskeid is ’n interne ­aangeleentheid van die skool.

Uit­nodiging daartoe word volgens die skool se beleid oor matrieks bepaal.

Prins se dié betrokke beleid bestaan reeds jare en is in Januarie met die ouers, voogde en leerders gedeel.

Hy sê ál die matrieks het ’n dokument wat dié beleid vervat, geteken.

Toe Son die ouers oor die beleid en die ondertekening daarvan uitvra, het hulle ontken dat hulle het al ooit so ’n dokument onderteken het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters