3 maande gelede
’n Pure bier plesier ná trok sy vrag verloor
kort krismis: Die toneel waar dit vir ’n kort tydjie bier gereën het. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Gisteroggend het talle mense op hulle kalenders gaan kyk of dit dalk Kersfeesdag is.

Dít nadat ’n lorrie wat op pad in die rigting van Worcester was, sy vrag bier verloor het.

Dié voorval het omstreeks 05:30 plaasgevind.

Motoriste het behoorlik tougestaan om hulle bakkies en karre vol bierkratte te laai.

Honderde kratte bier het van die lorrie afgeval toe die lorrie vermoedelik om ’n draai gery het.

Volgens ’n ooggetuie wat agter­ die lorrie gery het, het sy gesien hoe die groot trok skielik heen en weer oor die pad swenk.

“Die volgende oomblik het ek net gesien hoe die bierkratte die een na die ander afval.

“Ek het groot geskrik, maar gelukkig kon ek veilig verby die lorrie ry.”

’n Ander motoris erken hy het nie geworry om laat vir werk te wees nie en dat hy homself eers met ’n paar kissies gaan uitsort.

Opruimingswerk het onmiddellik begin en verkeer is nie vir lank ontwrig nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters