15 dae gelede
’n Nuwe CEO?
Piet HeymansFoto’s: NETWERK24  ~ 

TERWYL die Boland-Rugbyunie (BRU) armoede­ pleit, het hy ’n nuwe uitvoerende hoof (CEO) aangestel.

Nou is die duiwel behoorlik los nadat dit aan die lig gekom het dat nie eens van die BRU se bestuurslede weet van Cassie Carstens se aanstelling nie.

Piet Heymans van die genootskap Sport Employees Unite (SEU) betwis nou ook die aanstelling. Die SEU het die BRU se president, Ivan Pekeur, 48 uur gebied om dit te verduidelik.

Heymans het gister aan Son gesê: “Ons wil weet of die aanstellingsprosedures gevolg is.”

Heymans sê van die prose­dures is dat die pos geadverteer moet word en dat ’n kortlys van kandidate opgestel moet word.

Hy sê: “Die onderhoude en aanstelling moet gegrond wees op die pos­beskrywing, vaardigheidsvlakke en ondervinding van die suksesvolle kandidaat.

IVAN PEKEUR

Nóg ’n bron tot kommer vir Heymans is bewerings dat van die BRU se direksie en lede van die uitvoerende komitee glad nie weet van Carstens se aanstelling nie.

Heymans sê hy het onlangs gesprekke­ met Pekeur ge­voer­ oor die BRU se huidige ongunstige finansiële­ posisie­.

Wat hom pla, sê Heymans, is dat hy vertel is die personeel gaan vanjaar geen verhogings ontvang nie.

Hy wonder: “Dit laat die vraag ontstaan oor waar die geld vandaan sal kom om ’n CEO aan te stel.”

Dié jongste omstredenheid volg ’n dag nadat die BRU se voormalige CEO, Willie Small, Pekeur en die BRU se bestuur van swak leierskap beskuldig het.

Pekeur het dié week gesê die BRU beoog om die Boland-stadion in Wellington te verkoop in die hoop om sy geldsake reg te ruk.

Hy sê in ’n verklaring Heymans en die SEU kan nie spertye aan die BRU voorskryf nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters