Verlede maand
‘My woewe gaan nêrens’
FAMILIELEDE: Wilmeve van der Merwe spog met ’n paar van haar “kinders”.Foto verskaf  ~ 

TULBAGH. – Die muni­si­paliteit maak Wilmeve van der Merwe­ (43) gek.

Van der Merwe sê die munisipaliteit dreig om sewe­ van haar nege honde weg te vat.

Sy vertel: “Dié honde is my kinders. Ek en my boy­friend is al 22 jaar saam en ons het nie kinders nie.

“Nou moet ons ontslae raak van die honde voor 15 Desember.

“Ons het ’n groot jaart en ons honde word nie vasgeketting nie.

“Hulle worry nie oor die verwaarloosde brandsiek honde op straat nie.”

Daar is ook oor stank en vlieë gekla, maar, sê Van der Merwe, dis nie hulle nie.

Sy sê dis van die beeste en bokke wat oral rondloop en die buitetoilette in die plakkerskamp.

“Strome riool spoel uit hulle en in die strate af,” sê Van der Merwe. “Dááraan doen hulle niks nie.

“Die munisipaliteit is te bang om op te tree teen die mense wie se vee so rondloop. Hulle is van so ver as die Oos-Kaap en kom met alles weg.

“Nou kom gooi hulle my met rules en regulations, maar dis net op ons mense van toepassing. Hulle diskrimineer teen ons.

Baklei

“Ons woon al 15 jaar hier en kry net komplimente oor ons mooi honde.”

Van der Merwe sê baie inwoners hou meer as twee honde aan.

Sy sweer sy sal tot in die hof baklei vir haar honde – ses boerboele en drie pit bulls, waarvan party, sê sy, al 15 jaar by haar is.

“Ek is seker die polisie het iets hiermee te doen, want hulle het ons plek al hóéveel keer deursoek oor ons glo met drugs smokkel,” moan Van der Merwe.

“Hulle target ons oor ons Rastas is en hulle voorheen dagga wat ons self gebruik, hier gekry het. Hulle kry nooit dwelms nie.”

Anette Radjoo, ’n kommunikasiebeampte van die Witzenberg-munisipaliteit, sê: “Ons het opgetree ná ’n klag. Soortge­lyke optrede word ook teen rondloperdiere toegepas.

“Die klaagster is welkom om die kwessie met die munisipaliteit op te haal.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters