20 dae gelede
Munisipaliteit vee boete na besemsmous
Jeffrey Summers besems
Jeffrey Summers met een van sy selfgemaakte besems.  ~ Verskaf

OM ’N eerlike bestaan te maak is deesdae meer verkeerd as ernstige misdade wat gepleeg word.

Jeffrey Summers (44) van Groendal, in Franschhoek se hart is seer, nadat hy verlede week 'n boete van R1 500 gekry het. Dit omdat hy besems smous. 

Summers vertel hy doen dit al 23 jaar lank, met plaaslike inwoners en toeriste wie onder sy kliënte is.

"Ek gaan haal self die besems in die berg, soek stokke in die bos en maak dit dan self om te verkoop," sê hy.

"Dit is hoe ek my besig besig hou en 'n inkomste verdien."

Summers wie alleen woon voeg by dat hy probeer om onafhanklik van ander te wees.

Hy is nou egter upset oor die boete en veral omdat almal in die moeilike tye is en werk skaars is.

Volgens hom het hy buite een van die winkels in die dorp gestaan en wag vir ’n kliënt om haar besem te kom afhaal toe die wetstoepassers hom nader en sê hy mag nie besems sonder 'n permit verkoop nie.

Hy moes toe saam hulle na die munisipale kantoor gaan waar hulle hom die boete uitgeskryf het.

Summers sê hy het nie geld om die boete te betaal nie.

Dit is die eerste keer dat hy beboet word, nadat hy vir klomp jare al ’n bestaan maak hieruit.

“Ek hou daarvan om die gemeenskap te help, veral die bejaardes,” het hy gesê.

Stuart Grobbelaar, woordvoerder vir Stellenbosch-munisipaliteit, sê Summers is beboet vir handel sonder ’n geldige smouspermit. 

"Informele handel word slegs toegelaat op goedgekeurde informele handelsterreine." 

Op sy beurt sê Summers: "Ek beroof niemand en bedel ook nie by ander nie.

"Ek hou myself besig met wat ek doen. Dit hou my boonop weg van die verkeerde dinge soos bendes en dwelms."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters