11 dae gelede
Motor en bus bots by brug
CRASH: Die paramedici moes die bestuurder van die Audi uit die kar bevry.  ~ _BASIL DAVIDS

ROBERTSON. – Klagte van roekelose en nalatige bestuur staar ’n busdrywer in die gesig nadat ’n kar onder sy bus se wiele beland het.

Die ongeluk het Maandagmiddag kort ná tjaila-tyd enkele meters van die Breërivier-brug in die rigting van McGregor gebeur.

Orrait

Toe Son op die toneel aankom, was die onbekende vroulike motoris nog in die kar vasgekeer.

’n Ander motoris wat op die toneel stilgehou het, het gesê hy het kort ná die ongeluk na die kar gehol.

“Ek het net rook voor by die dashboard sien uitkom en ek het die vrou gevra of sy orrait is,” vertel hy.

“Ek het die polisie gebel en hulle was binne minute hier.”

Die jong driver van die bus was baie emosioneel.

“Ek wou die ongeluk vermy, maar dit was te laat,” het hy gesê.

Op die toneel was hy na aan trane terwyl die paramedics die erg beseerde vrou uit die wrak bevry het.

Die onbekende vrou van Swellendam is na ’n hospitaal vervoer.

Die vrou word tans daar vir ernstige beserings behandel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters