20 dae gelede
Moordsaak sloer steeds
UITSTEL: Die moordsaak van die vermoorde Johan Kieser duur al jare.  ~ Netwerk24

NÁ VYF en ’n half jaar is die saak waarin twee sekswerkers aangekla word van moord steeds ver van afgehandel. Hulle het nog nie eens gepleit nie.

Linda Siebrits (43) en Cha­rise Doubell (37) het verlede week in die Malmesbury-streekhof verskyn op aanklag van moord. Hulle het Johan Kieser (65) van Moorreesburg na bewering op 4 Januarie 2015 vermoor.

Die derde beskuldigde, Hendrik Boonzaaier (30), is al dood.

Die klagstaat lees dat hulle Kieser met ’n oordosis heroïen ingespuit en van die Ceres-bergpas na benede gegooi het.

Gehys

Doubell het ’n dag ná haar arrestasie alles onder eed aan die polisie vertel.

’n Span reddingswerkers het Kieser se lyk op 7 Januarie 2015 deur na bo gehys. Die ander beskuldigdes is toe ook gearresteer.

In die borgtogaansoek op 15 Junie 2015 in die Moorreesburg-landdroshof het ’n gru­verhaal hom ontvou.

Die sekswerkers het beweer dat Kieser ’n gereelde klant van hulle was en dat Boonzaaier hul pimp was. Hulle het Kieser eers in sy huis gelos en dwelms met gesteelde geld gaan koop.

Die staatspatoloog het getuig Kieser het nog geleef, maar is dood van die val.

Borgtog is toe geweier.

Die saak is later oorgeplaas na die Malmesbury-streekhof en al die beskuldigdes is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die saak is nou weer uitgestel, dié keer tot 27 Augustus.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters