6 maande gelede
Modelle kry hulp
oulik: Sers. Melinda Wentzel saam met ’n paar van die meisies wat deelneem. Hulle is Anthea Strauss (links), Lilly Meyer, Cammy Fortuin, Chantell Booi en Candice Witbooi. Foto’s: BASIL DAVIDS  ~ 

MCGREGOR. – ’n Polisievrou hier maak ’n verskil in meisies se lewe.

Sers. Melinda Wentzel het uit haar pad gegaan en vir jong meisies van die plaasskooltjie Weltevrede ’n model­kompetisie gereël.

Sowat 13 pragtige meisies het vir die kompetisie ingeskryf.

’n Opgewonde Wentzel sê sy het gevoel sy moet terugploeg in die gemeenskap en het toe met die idee vorendag gekom.

Potensiaal

Wentzel sê: “Ek is al meer as 10 jaar in die diens van die SAPD en werk in landelike gebiede.”

Die sersant verduidelik sy het potensiaal in die jonge meisies gesien en daarom het sy die modelkompetisie gereël.

Verlede Vrydagaand was die skool se saal stampvol.

Wentzel het die kinders ook self mooi opgedollie en gesorg dat die deel­nemers almal pragtig lyk.

Wentzel het boonop vir die prysgeld en geskenke voorsiening gemaak.

“Ek is so baie bly dat ek ’n verskil in die lewe van dié mooi meisies kon maak,” sê Wentzel trots.

Volgens haar gaan sy die kompetisie nou ’n jaarlikse event maak.

Die buurplase gaan hulle mense ook betrek.

Die skooltjie en sy personeel het Wentzel bedank vir die goeie gebaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters