17 dae gelede
‘Missie vir goed’
Gemeenskapsman: Peter Daniels se passie vir sy gemeenskap laat hom toekennings inryg. FOTO VERSKAF  ~ 

AS JY na die Paarliet Peter Daniels kyk, kan jy sommer sien hierdie nederige man is op ’n missie vir sy gemeenskap.

Daniels, ’n onderwyser en deeltydse sport­joernalis, glo daaraan om sy deel vir sy gemeenskap te doen.

Sy liefde vir sport het op ’n jong ouderdom begin en hy was van laerskool af versot op koerant lees en radio luister.

Skoonskip

Sy passie vir sport het hy ook in sy gesin uitgeleef. Sy drie kinders het hoogtes in sport bereik.

Wanneer ’n mens die Daniels-woning betree, sien jy aan al die toekennings hulle is ’n gesin wat ’n passie vir sport het.

Daniels het die laaste paar weke weer skoonskip gemaak op die prysuitdelings van die Wes-Kaapse en Kaapse Wynland-sporttoekennings.

Vir Daniels is dit ’n wonderlike prestasie om hierdie jaar bekroon te word as die Wes-Kaapse Sportjoernalis van die Jaar.

“Dit is vir my ’n groot eer om hierdie toekenning te kon losslaan,” het hy gesê.

Daniels is g’n vreemdeling as dit by die opraap van toekennings kom nie.

In 2018 is hy aangewys as die ambassadeur van die jaar van ’n plaaslike radiostasie.

Daniels is ’n voorstander daarvan dat kinders op skoolvlak die nodige blootstelling gegee word om aan sport te deel te neem, want ’n kind moet holisties ontwikkel word.

Aan die einde van Oktober gaan Daniels dit met die res van land se sportskrywers uitspook om die nasionale kroon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters