Verlede maand
Minister sluit taxi-roete tussen Mbekweni en Bellville
bellville,taxi
Die omstrede roete tussen Mbekweni en Bellville sal vanaf 26 Julie gesluit wees.  ~ Melinda Stuurman

DIE taxiroete tussen Mbekweni/Paarl en Bellville oftewel Route B97 sal vanaf Maandag 26 Julie gesluit wees.

Daylin Mitchell, die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, het die aankondiging Vrydagoggend gemaak.

"Die roete is tans die hoof oorsaak van konflik tussen Cata en Codeta, wie beide eienaarskap oor die roete eis.

"Ten spyte van pogings om die twee verenigings te help om 'n oplossing te vind, is daar geen." 

Mitchell beklemtoon: "Ons kan nie gyselaar gehou word deur 'n paar misdadige elemente, wie die belange van wetsgehoorsame taxibestuurders ondermyn, en wie die lewe van inwoners bedreig nie." 

Die LUR noem hy het 'n eed afgelê om in belang van die mense op te tree en sal voortgaan om dit te doen.

Ingevolge wetgewing word alle roetes en taxistaanplekke, insluitende bane en langafstandgeriewe by die Bellville-taxirank gesluit vir twee maande.

Enige taxi-operateur wie nie die besluit gehoorsaam nie kan 'n boete van R5000 of tronkstraf van nie meer as 6 maande opgelê word.

Mitchell voeg by: "Ek sal oor die naweek 'n aankondiging maak oor alternatiewe reëlings vir pendelaars op die geaffekteerde roete.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters